MAMMA SE 3-VRUGTE-MARMELADE

Bestanddele
3 ewe groot lemoene
3 suurlemoene
3 nartjies

Metode
Skil vrugte dun af.  Sny op – verwyder alle pitte en gooi dit weg.  Snipper vrugte fyn en sny die skil in dun repies – net dunner as ‘n vuurhoutjie.  Weeg af en gebruik 6 k water per 500 g vrugte.  Kook tot sag – ongeveer 60 – 90 min.  Laat staan oornag.

Meet vrugtemoes nou weer af en gebruik 1 k suiker vir elke koppie moes.  Verhit stadig totdat suiker gesmelt het.  Kook vinnig by nr. 7 totdat marmelade opkom en draai plaat af tot by nr 5 en kook verder tot regte dikte en lig van kleur.  Die proses neem in totaal tussen 20 en 40 min.  Wanneer die konfyt vir die tweede keer opkom, is dit feitlik reg.  Skakel af, toets dikte van marmelade.  Bottel warm of koud.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 859 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *