375 ml suiker
250 ml gouestroop
125 ml water
knippie sout
1 eierwit, styfgeklits
60 ml (35g) glanskersie, gekap
1 k neute, grof gekap
2 ml vanielje
Vermeng die suiker, stroop, water en sout. Verhit dit en roer dit voortdurend totdat die suiker opgelos is.
Kook dit verder, sonder om te roer, tot die sagtestadium. Haal dit af, gooi dit in ‘n dun straaltjie oor die styfgeklitste eierwit. Klits voortdurend met ‘n elektriese klitser.
Wanneer die mengsel fatsoen behou, roer die kersies, neute en geursel by. Gooi dit in ‘n gesmeerde oondpan. Laat dit oornag staan en sny dit dan in blokkies.
(Visited 144 times, 1 visits today)
Advertisements