Outydse Skaapvleiskerrie

Hog ‘n regete wintersresep van Jan van Niekerk af
1 ½ kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
500 ml Kookwater
45 ml Appelkooskonfyt
15 ml Kerriepoeier
15 ml Suiker
15 ml Meel
20 ml Asyn
15 Baba aartappels
5 ml Sout
5 ml Peper
Metode
Soteer die ui in margerien tot lig bruin. Voeg die vleis by die uie en braai die vleis tot lig bruin. Gooi die kookwater by en verlaag die hitte. Laat prut vir so 1 ½ ure. Gooi aartapels by en kook vir nog 30 minute.  Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele en voeg dit by die vleis. Prut vir 20 minute. Bedien op rys of stampmielies. Lewer 6 tot 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 236 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *