Ouvrou onder die kombers

Dankie vir jou resep Okkie C. Jansen van Vuuren

Moenie my vra vra waar kom die naam vandaan nie. Dit is soortgelyk aan die IngelseToad in a hole
Ouvrou onder die kombers
Bestanddele
1 blik weense worsies (gedreineer)
1 teelepel sout
3 teelepels pietersielie
80 gram botter gesmelt
4 repe spek in helftes gedeel
1 koppie karringmelk
1 koppie melk
2 eetlepels mostertpoeier
2 koppies bruismeel
Metode
Stel oond op 180 grade Celcius
Sif sout & bruismeel saam in groot mengbak.
Klits melk, karringmelk, mosterd en botter saam.
Meng goed met meelmengsel (maak seker daar is geen klonte)
Gooi in groot ronde oondbak
Draai worsies een een toe met spek en rangskik ewewredig in beslag.
Bak 40 tot 50 minute (gaar en mooi bruin)
Versier met vars pietersiele en geniet saam met groenslaai
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,035 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *