Persoonlike macaroni en kaas

Okkie C. Jansen van Vuuren se persoonlike resep. Lyk my die manne van die Kaap kan kook. 


BESTANDDELE
1 koppie melk
1 koppie room
1 teelepel koekmeel
1 koppie fyn gerasperde sterk cheddarkaas
1 koppie fyn gerasperde mozzarella of edam kaas
1 eetlepel olyf olie
400g macaroni
4 ekstra groot eiers
1 teelepel droe pietersielie
Neutmuskaat, sout en peper na smaak
METODE
Stel oond op 180 grade Celcius en smeer 6 ramekins of enkelbak met selfde volume
Kook macaroni in vinnig kokende soutwater tot net sag , dreineer en roer olyfolie deur.
Klits melk, room, koekmeel en eiers tot goed gemeng. Voeg pasta, pietersielie en kaas by en roer deur.
Verdeel in ramekins. Plaas op bakplaat ek bak vir minstens 30 minute tot eiermengsel gestol en kaas gesmelt is.
Bedien met vars roket blare, tamatiesous en varsgemaalde swart peper
Ns As jy twyfel oor die eiers se groote voeg liefs ‘n eksta een by
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 324 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *