Skaapribbetjie

So braai Jan van Niekerk skaapribbetjie
1 Skaapribbetjie
3 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Vra die slagter om die bene net deur te saag en sny dan die velkant diamantblokkies in. Braai die ribbetjie oor matige kole tot lekker krakerig en geniet saam met lekker knoffelbroodjie.
Knoffelbroodjies:
12 x Worsbroodrolletjies
30 ml Sonneblomolie
1 x 250g Botteltjie kaassmeer
1 x 250 g Botter of margerien
5 ml Gemengde kruie
20 ml Varsgekapte pietersielie
250 g Streepspek
1 Groot uie fyn gekerf
1 Groen soetrissie in klein blokkies gesny
15 ml Varsgemaalde knoffel
Metode:
Sny die broodrolletjies in die lengte oop, maar moenie by die kopkante oopsny nie. Verhit die olie in ‘n pan. Sny die spek in stukkies en braai saam met die ui, soetrissie en knoffel vir 10 minute.  Laat goed afkoel. Meng al die bestanddele saam en smeer dit lekker dik in die brodrolletjies. Draai die broodjies in foelie toe en braai oor die kole vir 10 minute. Lewer 12 broodjies. Jy kan die broodjies klaarmaak en vries en dan braai wanneer jy dit benodig.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,052 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *