Skelvis Kerrie

Hier is ‘n resep wat Jan van Niekerk van die internet afgetrek het. 
3 x 500 g Stukke skelvis
3 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
40 gt Koekmeel
50 ml Sonneblomolie
Kerriesous:
750 ml Witasyn
250 ml Water
250 g Suiker
15 g Borrie
30 g Kerrie
5 g Sout
15 g Swartpeperkorrels
4 Uie geskil en ringe gesny
6 Suurlemoenblare
15 g Fyn gemmer
15 g Meelblom
2 Lourierblare
250 g Sultanas
Metode:
Sny die vis in die helfte deur en bedek met die meel. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die vis 5 minute aan ‘nkant tot gaar. Dreineer op kombuispapier.
Kerriesous:
Meng die asyn, water, suiker, borrie,kerrie sout en peperkorrels in ‘dieselfde swaarboom- pan en bring tot kookpunt. Prut 5 minute en voeg die uie, suurlemoenblare, gemmer en lourierblare by. Prut vir 10 minute. Moenie die uie te pap kook nie. Meng die meelblom in ‘n bietjie van die sous en voeg by die sous. Verhoog die hitte en prut tot die sous verdik. Meng die sultanas by. Gebruik ‘n glas bak en pak die vis en uiesous om die beurt in die bak. Bedek met deksel en laat heeltemal afkoel. Plaas in die yskas vir 3 dae om die kerrie lekker te laat deurtrek. Die vis kan tot 30 dae in die yskas gehou word. Lewer 6 porsies. Heerlik saam met lekker varsgebakte brood en botter.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 158 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *