Slawekos

Nog ‘n resep vir Jan van Niekerk

Slawekos het ek eerste keer in die Kaap kom eet. Die resep kom glo van ‘n Maleiervrou wat by die blankes op die plaas grootgeword het, en vir die kosmaak verantwoordelik was.
12 Skaap dikribtjops
8 Uie
1 Groot eiervrug
2 Groot soetrissies
6 Ryp tamaties
5 ml Gemaalde Rooirissies
6 Groot aartappels
50 ml Botter
15 ml Growwe sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
250 ml Rou rys
5 ml Oreganum
250 ml Water
Metode:
Skil en kerf die uie en hou eenkant. Skil die eiervrug, sny in 1 cm dik skywe en week vir 20 minute in soutwater. Spoel onder lopende water af en dreineer. Sny die groenrissie en tamaties in skywe. Skil die aartappels en sny in skywe. Plaas die botter in ‘n kasserol en strooi ‘n lagie uie in die bak. Pak ses van die tjops op die uie en dan die volgende: ‘n Laag eiervrug, growwe sout en peper, groenrissie gevolg deur ‘n laag tamatieskywe en aartappels. Gooi nou die rys oor. Strooi die organum en gemaalde risie oor. Pak nou die ander 6 ribbetjies oor en volg die groente en speserye soos bo. Gooi nou die koppie water oor en sit die deksel op. Bak die gereg vir 3 ure teen 180°C. Bedien die gereg net so. Lewer 6 ruim porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,787 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Slawekos”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *