SOSATIES

Nick Dorfling
BB Motors Tzaneen
(15 Sosaties)

1 – Klein skaapboud, blokkies gesny
2 – Uie, gerasper
4 – Eetlepels botter, gesmelt
1 – Eetlepel mielieblom
1 – Koppie asyn
1 – Eetlepel suiker
3 – Eetlepels kerriepoeier
3 – Eetlepels blatjang
ı – Koppie melk
2 – Eetlepels sout
½ – Teelepel peper
Meng al die bestandele behalwe die vleis. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt terwyl
aanhoudend geroer word. Laat 3 minute lank prut. Laat afkoel, gooi oor die vleis en marineer
oornag. Ryg die vleis op sosatiestokkies. Braai die vleis 10 minute lank en bedruip
herhaaldelik. Dien warm op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 169 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *