1 kg hoenderstukke
sout en peper
kookolie
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
5 ml kerriepoeier
5 ml aangemaakte mosterd
1 groot ui, grofgerasper
2 knoffelhuisies, gekneus
botter
Geur hoender liggies en plaas met vel na bo in vlak skottel wat met olie gesmeer is. Meng alles behalwe botter. Smeer oor hoender. Bak 1 uur onbedek by 160ºC. Stip met botter en bak tot deurgaar met diep, ryk kleur.
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements