STROOPKOEK (KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)

 

75 ml warm water
37,5ml (30g) margarien
1 k koekmeel
1 t bakpoeier
knippie sout
2 eiers
125 ml suiker
  5 ml vanilla
Stroop:
50 g margarien
50 ml gouestroop/heuning
Smelt botter in water en verhit tot kookpunt.  Sit dit eenkant.   Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klits eiers tot lig en skuimerig.  Voeg die suiker geleidelik by en klits om dit te laat oplos.  Voeg vanilla by.  Roer die droë bestanddele in die eiermngsel.  Voeg die warmwatermengsel by en klits 1 minuut lank.  Bk 15 – 20 minute lank in gesmeerde, vuurvaste tertbord by 190°C.
Smelt intussen botter en stroop saam en gooi die warm stroop oor die koek as dit uit die oond kom.   Maak die kant effens los en lig die koek so hier en daar sodat die stroop onderin loop.
Verhit dit weer net een minuute lank en dien warm op saam met tee of as ‘n nagereg met vla of room.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 838 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *