TAMATIESOP

Dankie vir jou resep Sarie du Randt
Ek het die resep in die Vrouekeur gekry en ietwat aangepas, dis heerlik, maklik en goedkoop!
1 Kg tamaties (skille afgetrek)
Sout
Growwe swartpeper
1 E gemengde kruie
4 koppies water
3 E meelblom
1 Ui fyngekap
Olie (ek het olyfolie gebruik)
1 E suiker 
Spaghettie
Sny tamaties in stukkies, plaas in oondpan, sprinkel sout, peper  en 2 E olie oor en rooster in oond vir 15 minute.
Soteer ui in olie in ‘n grootkastrol tot deurskynend.
Voeg al die bestandele behalwe meel by, kook vir 15 minute.
Maak fyn in voedselverwerker, plaas terug in kastrol en bring tot kookpunt.
Meng meel in bietjie water tot ‘n pasta en meng met sopmengsel, roer aanhoudend.
Voeg spaghettie by en kook tot sag, roer kort, kort
Voeg nog water by indien nodig
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 905 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *