VLAKOEKIES MET GOUESTROOP EN SUURLEMOENVULSEL

3 k meelblom
1 k vlapoeier

4 t bakpoeier
knippie sout
250 g margarien
1 k gouestroop
melk
Sif meel, vlapoeier, bakpoeier en sout saam.  Meng botter en stroop deur dit effens te verwarm.  Voeg droë bestanddele by om die beurt met genoeg melk om ‘n stywe deeg te vorm.  Indien nodig, maak dit effens slapper aan met bietjie melk om deur die koekiespuit te kan druk.  Plaas op bakplaat en bak tot ligbruin by 200ºC.  Plaas twee-twee opmekaar met die volgende vulsel:
Suurlemoenvulsel:
2 k versiersuiker
4 ml wynsteensuur
1 t suurlemoengeursel
30 ml (2e) botter
Meng alles baie goed saam.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 320 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *