VLAKOEKIES MET MIELIEBLOM

500 g margarien
2 k suiker

5 eiers
2 t vanielje
6 k meelblom
1 k vlapoeier
1 k mielieblom
5 t bakpoeier
2,5 ml sout
Room margarien en suiker.  Voeg eiers en vanielje by.  Voeg gesifte droë bestanddele by om ‘n sagte deeg te maak.  Druk deur ‘n koekiemaker.  Plaas op gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 10 min by 180ºC.  Vul afgekoelde koekies met die volgende vulsel:
4 t margarien
2 e kookwater
1 k versiersuiker
Meng margarien met kookwater.  Voeg versiersuiker by en klop baie goed.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 282 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *