Biduurtert

 

Baie dankie Jan van Niekerk
Hier is nou ‘n lekker ou resep. Toe die plaasvrouens van die kontrei nog saam biduur gehou het, is die tert gereeld voorgesit saam met die tee/boeretroos.
2 Ekstra groot eiers
8 Desertlepels suiker
4 Eeetlepels botter
1 Koppie kookmelk
12 Eetlepels meel
2 ½ Teelepel bakpoeier
1/3 Teelepel sout
4 Eetlepels botter
6 Eetlepels heuning
Metode:
Room die eiers en suiker saam. Smelt die botter in die kookmelk en laat bietjie afkoel. Voeg dit om die beurt met die meel, bakpoeier en sout by die eier. Meng dit deeglik deur. Skep die beslag in ‘n oondvaste opdien tertbak en bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20 minute op die middelste rak van die oond.
Maak intussen ‘n heuningsousie deur die botter en heuning saam in ‘n kastrolletjie te smelt. Sny die koek in blokkies soos wat jy dit wil bedien vir die biduurgangers en giet die sous daaroor. Bedien warm.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 285 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *