Dik Boontjiesop

Jan van Niekerk
500 g Van Zyl- Droëboontjies
250 ml Stampmielies
4 Liter water
2 Groot aartappels
2 Groot uie
6 stingels sop seldery, fyn gesny
30 ml Botter/Margerien
1 Gerookte varkskenkel, opgesny
125 g Dobbelsteenspek of spek stukkies
3 ml Droë marjolein
65 g Tamatiepasta
1 Wortel geskraap en gerasper
5 ml Suiker
10 ml Suurlemoensap
4 Liter water
100 ml Gekapte pietersielie
15 ml Sout
15 ml Swartpeper
20 ml Suurlemoensap
1 Pakkie beesstertsoppoeier
Metode:
Week die bone en stampmielies oornag in koue water. Dreineer en plaas in kastrol en bedek met water. Kook vir 20 minute en gooi die water af. Smoor intussen die ui in die botter en voeg dit by die bone. Voeg die vleis, aartappel in blokkies gesny, seldery, marjolein, tamatiepasta, suiker en suurlemoensap en sout by. Gooi nou die 4 liter water by en en prut vir 4 uur.  Vul die water aan as dit wegkook. Druk van die aartappels en boontjies fyn om die sop lekker dik te maak. Voeg die pietersielie, suurlemoensap, soppoeier en 15 ml swartpeper by en prut nog 20 minute voor opdiening. Sit warm voor. Lewer 10 tot 12 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,021 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *