Groente Stoompoeding


Baie dankie vir die resep Jan van Niekerk
½ Koppie suiker
1 Eetlepel botter
1 Eier
½ Koppie meel
½ Teelepel koeksoda
½ Teelepel sout
½ Teelepel gemengde speserye
½ Koppie gerasperde wortel
½ Koppie gerasperde aartappel
1 Koppie vrugtekoekmengsel
Metode:
Room die suikwer en botter saam. Klop die eier daarby. Sif die meel, koeksoda, sout en gemengde speserye saam. Roer deur om te meng. Rasper genoeg wortel om ‘n half koppie te vul en genoeg aartappel vir nog ‘n half koppie. Meng dit saam met die vrugtekoekmengsel. Smeer ‘n stoompoedingvorm deeglik met botter of varkvet. Smeer ook die binnekant van die deksel. Skep die beslag in die vorm tot dit 2/3 gevul is. Sit die deksel op en plaas die vorm in ‘n kastrol, wat reeds op die stoof met kookwater verhit is. Die vorm moet so twee derde in die water lê, en stoom die poeding vir twee ure. Vul die water aan as dit wegkook. Haal die vorm na twee uur uit die kookwater en doop dit vir 5 sekondes in koue water., die poeding kom dan maklik uit die bak. Sit voor met wynsous.
Wynsous
6 Koppies water
1 ½ Koppie suiker
1 Eetlepel botter
¼ Teelepel gemengde speserye
2 Teelepel mielieblom
3 Koppies soet sjerrie
1 Eetlepel brandewyn
Metode:
Kook die water. Voeg die suiker, botter, gemengde speserye en mielieblom by. ( Onthou om die mielieblom eers met ‘n bietjie water te meng. ) Kook die sous vir 15 minute oor matige hitte. Voeg die sjerrie en brandewyn by. Verhit tot dit begin borrel en bedien saam met groete stoompoeding, of poeding van jou keuse.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 223 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *