Hertzoggies

 

Baie Dankie Jan van Niekerk
2 E Suiker
1 E Botter
2 Geklitste eiers
12 E Koekmeel
6 t Bakpoeier
1/3 t Sout
Appelkooskonfyt om te vul
Wit van 2 eiers
1 k Klapper
Metode:
Klop die suiker en botter sam en roer die geklitste eiers daarby. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vorg by en meng goed. Rol die deeg uit met ‘n koekroller. Druk ronde stukke deeg uit met ‘n koekiedrukker, groot genoeg om kollewyntjiepannetjies te vul. Plaas die deeg in die pannetjies en skep teelepels vol konfyt in die bakkies. Klop die wit van die eiers styf, roer die suiker en klapper by en skep ‘n bietjie op elke koekie. Dit moet die konfyt bedek sodat dit nie uitkook nie. Bak in voorverhitte oond by 190°C vir 15 minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,159 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *