Koeksusters

Koeksisters
As jy koeksisters bak, moet jou stroop yskoud en jou koeksisters kokend warm wees wanneer jy hulle in die sous dompel. Maak die stroop die vorige dag.
Baie dankie vir die resep Jan van niekerk
 
Stroop:
4 k Suiker
2 k Water
2 Stukke pypkaneel
2 t Gekneusdegroengemmer
2 E Gerasperde suurlemoenskil
½ t Kremetart
1 t Gliserien
Metode:
Voeg al die bestanddele behalwe die gliserien in ‘n kastrol. Verhit en roer om die suiker te smelt. Kook vinnig vir 10 minute en voeg die gliserien by en haal van die stoof af. Laat afkoel en plaas in die yskas tot die volgende dag.
Deeg:
4 ½ k Meelblom
½ t Sout
2 t Bakpoeier
2 E Botter
2 Eiers
½ k Water
½ k Melk
Kookolie vir diepbraai
Metode:
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en vryf die botter daarin.. Klits die eiers met die water en melk en maak ‘n sagte deeg aan wat maklik geknie kan word. Knie goed deur en laat die deeg drie ure staan. Rol die deeg 5 mm dik uit en sny in repe van 7 x 2,5 cm. Sny twee snitte in die lengte van die deeg en hou een kant se punt aanmekaar. Vleg die koek- sisters en druk die ander punte vas teen mekaar. Verhit diep olie in ‘n pot. Gooi ‘n stukkie deeg in die olie, as hy dadelik boontoe kom, is die olie reg om jou koeksisters te bak. Dompel die koeksister, net ‘n paar op ‘n slag, anders word die olie koud, in die warm kookolie. Draai hulle om met ‘n vurk, dit duur ongeveer twee minute om hulle goudbruin te bak, Lig hulle met ‘n gaatjieslepel uit die olie en dreineer op handdoekpapier. Tel hulle sommer dadelik weer op en dompel een vir een in die koue stroop. Die stroop moet so koed en die koeksister so warm wees dat jy kan hoor hoe slurp hy die stroop op. Laat net 2 sekondes in die stroop en skep met ‘n gaatjieslepel uit. Plaas op ‘n koekrakkie, wat in ‘n skinkbord staan, dat die oortollige stroop kan afdrup.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 399 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *