Maklike Semelbeskuit

Nog ‘n wneresep van Jan van Niekerk
500 g Botter
12 k Semels
7 k Koekmeel
1 t Sout
2 k Suiker
6 Eiers
3 k Melk
4 E Asyn
2 t Koeksoda
2 t Kremetart
2 k Ontpitte rosyne
Metode:
Week die rosyne in water. Plaas die semels en meel in ‘n knieskottel en meng deur. Vryf die botter in die meel. Voeg die sout, suiker en rosyne by en meng deglik. Giet die asyn oor die koeksoda en kremetart. Voeg alles bymekaar en meng tot ‘n slap deeg. Smeer twee brood- panne en skep die deeg daarin. Voorverhit die oond tot 180° en bak die beskuit vir 1 uur. Keer uit op afkoelrak. Sny in beskuitgrote stukke en droog oornag in die oond op 100°C of in die lou-oond.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,435 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *