MAKLIKE YSKASKOEKIES

 

Baie dankie dat jy die resep met ons deel Tersia Steenkamp
1 Pakkie Marie Beskuitjies
1 Blikkie Kondensmelk
½ Koppie Klapper
Ekstra klapper om balletjies in te rol
Metode :
Plaas die beskuitjies in ‘n plastieksakkie en rol fyner met ‘n koekroller.  Meng met klapper, voeg kondensmelk by en meng goed deur.  Vorm balletjies (okkerneut grootte), rol in ekstra klapper en plaas in die yskas vir ± 2 ure voordat dit geët word.  Dit is baie lekker saam met jou middag-koffie, probeer dit gerus!!!!!
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 468 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *