MIKROGOLF PEPPERMENT FUDGE – WENRESEP

Nog ‘n treffer van Melinda van Deventer

Bestanddele
Die strooisuiker kan deur witsuiker vervang word
1 blik Kondensmelk
500ml. Strooisuiker
125gr. Margarien
5ml. Vanielje essens
100gr. Peppermentsjokolade in blokkies gebreek (of enige sjokolade van jou keuse)

Metode
Smeer ‘n 25 x 16 cm koekpan liggies met botter
Meng die kondensmelk, suiker en margarine in ‘n diep mikrogolfvaste plastiekbak,
Mikrogolf 12-15 min. op hoop en roer elke 3 minute.
Hou die mengsel dop dat dit nie oorkook nie.
Indien dit te vinnig warm word na die vorige roer en te veel opkook, roer weer ‘n paar keer.
Die mengsel is reg wanneer dit begin karamelliseer.
Voeg die vanieljegeursel en sjokoladeblokkies by en roer goed.
Giet die mengsel in die voorbereide pan en laat afkoel.
Sny in blokkies voor dit heeltemal afgekoel het.
Maak ongeveer 40 blokkies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 390 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “MIKROGOLF PEPPERMENT FUDGE – WENRESEP”

  1. DIE RESEPTE IS ONLEESBAAR+++++++
    HAAL ASSEBLIEF ASSEBLIEF DIE AGTERGROND UIT. VERAL ONLEESBAAR OP GROEN AGTETRGROND EN OP DONKER AGTERRGROND.
    Este Vermaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *