Outydse Melktertvulsel

Baie dankie Jan van Niekerk vir die resep
2 Koppies melk
2 ½ E Botter
3 ml Pypkaneel
4 E Mielieblom
8 E Meel
Knippie Sout
1 ½ k Suiker
6 Eiers, geskei
¼ t Kremetart
Mtode:
Verhit 1 ½ koppies van die melk met die botter en pypkaneel. Meng die mielieblom, meel, sout en een derde van die suiker. Meng die res van die melk hierby. Roer ‘n bietjie van die warm melk by. Voeg nou die hele mengsel by die warm melk en kook tot dit verdik het. Verwyder van die stoof en laat staan om heeltemal af te koel. Klits nou die eiergele goed met ‘n derde van die suiker en roer dit by die meelmengsel in. Klits die eierwitte styf met die res van die suiker, maar moenie te styf klop nie. Voeg die kremetart by, dit sal verhoed dat die tert te veel sak nadat dit gebak is. Vou dit in by die ander bestanddele. Voer twee tertpanne uit met skiferdeeg, druk gaatjies onderin die bodem van die deeg om vinniger ta laat gaar bak. Skep die koue vulsel in die tertborde en bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20 minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,015 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *