Saadbroodjie (Ou resep)

Nog ‘n resep van Jan (Die Bakker) van Niekerk
1 t Suiker
½ k Louwarm water
2 t Droë gis
1 kg Volgraanmeel
1 E Sout
2 E Sesamsaad
3 e Lynsaad
1 e Karwysaad
1 l louwarm water
2 E Sonneblomolie
Metode
Los die suiker in die louwarm water op en voeg die droë gis by. Laat staan vir 15 minute. Meng nou die volkoringmeel, sout, sesamsaad, lynsaad en karwysaad. Maak ‘n holye in die meel en voeg die suurdeegmengsel by. Roer en voeg bietjie vier bietjie van die louwarm water by, voeg die 2 eetlepels sonneblomolie by. Meng goed tot jy ‘n mooi stywe deeg het. Trek ‘n koon doek daaroor en plaas op ‘n warm plek om te rys. Laat vir 2 ure rys. Smeer nou die broodpan en sit die deeg daarin. Maak weer toe en laat 30 minute rys. Bak teen 200°C vir 1 uur, maar die laaste 10 minute moet die oond afgedraai word na 180°C. Keer uit op droograk en laat afkoel.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 250 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *