Soetsuurdeegbrood

Baie dankie vir die resep Jan van Niekerk
Soetsuurdeeg:
2 Aartappels, skil en al.
1,7 l Kookwater
1 t Sout
1 E Suiker
650 g Growwe meel
Ongeveer twee uur die middag begin ‘n mens in te suur. Was die aartappels baie goed en sny in dik skywe. Sit in ‘n groot emalje –mengbak en voeg die kookwaer, sout en suiker by. Strooi die meel bo-oor, moenie roer nie, Druk met die vinger drie of vier gate in die meel. Trek ‘n stuk plastiek dig oor die mengbak en plaas dit in ‘n kartondoos wat uitgevoer is met papier. Bedek bo-op met papier en ‘n kombersie. Laat op ‘n warm plek staan.
Die volgende oggend suur mens oor
1 k Kookwater
1 k Growwe meel
Werk vinning sodat die deeg nou koud kry nie. Maak die kartondoos oop en haal die plastiek af. Voeg die kookwater en meel by. Roer goed om en maak weer dig toe. Na  twee ure sal die deeg reg wees om te gebruik.
Brood
2,75 kg Growwe meel vir bruinbrood en wit broodmeel vir witbrood
1 E Sout
Louwarm water
Metode:
Wanneer die suurdeeg goed gerys het, word die aartappels uitgehaal. Voeg die suurdeeg by die meel en meng goed deur. Voeg warm water en sout by en knie die deeg vir twintig minute. Maak die deeg op in drie ewegroot brode en plaas in gesmeerde broodpanne. Smeer ‘n bietjie gesmelte botter bo-oor die deeg, dit verhoed dat die korsie oopbars. Maak die brode warm toe in ‘n brooddoek en kombers en laat rys tot dubbel die grootte. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir een uur
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,888 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *