Tamatie en Ham Quich

Dankie vir die resep Jan van Niekerk
Kors:
1 ½ k Koekmeel
3 ml Sout
6 E koue botter
80 ml Yswater
Vulsel:
1 k Ham in repies gesny
12 Kersietamaties
2 Eiers
½ k Room
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Kors:
Sif die koekmeel en sout saam in ‘n groterige mengbak. Voeg die botter by en vryf dit met die vingerpunte in die meeel in tot dit soos growwe mieliemeel lyk. Voeg die yswater bietjie-vir-bietjie by en druk liggies met jou vingers tot jy ‘n lekker hanteerbare deeg kan vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en laat vir minstens 30 minute in die yskas rus. Rol uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Voer 6 klein panntjies, of een groot tertpan met die deeg uit.
Vulsel:
Rangskik die hamrepies onderin die pannetjies. Sny die tamaties in die helfte en deel tussen die pannetjies en pak op die ham. Klits die eiers en room saam en geur met die sout en peper. Vul elke pannetjies met die mengsel en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *