WATERTAND LEKKER BESKUIT

Baie dankie vir jou resepte Tersia Steenkamp
1kg Bruismeel
2tl Bakpoeier
1tl Kremetart
1tl Sout
500g Botter – Gesmelt (Moenie Margarien gebruik nie)
450ml Suiker
2k Muesli – Fyn Gerol (Gooi dit in ‘n plastieksakkie en rol bietjie fyner met ‘n koekroller) – Gebruik Bokomo Natures Source – Gewoon (Geel Pak)
2k Semels
500ml Karringmelk – Deeg moenie te slap wees nie, as dit te droog is, voeg bietjie melk by
2 Eiers

Metode
Voorverhit oond op 180°C.  Klits die eiers saam met ‘n bietjie van die karringmelk.  Sif die droë bestanddele saam.  Meng nou al die bestanddele saam in ‘n groot mengbak.  Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjies (ongeveer 2 groterige pannetjies) en bak vir ± 45 – 60 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom wanneer jy dit in die middel indruk.  Laat heeltemal afkoel.  Sny dan in beskuite (so groot soos jy wil).  Sit die oond net-net aan en droog oornag uit.
(Visited 407 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui