Beesvleiskerriepot (Jan)

Beesvleiskerriepot (Jan)
Lewer 50 porsies
2 ½ kg Rys
12 kg Beesvleisblokkies, sonder been
25 Groot aartappels in blokkies gesny
5 Bossies wortels, geskraap en skywe gesny
5 kg Gekerfde groenbone
15 Groot uie, gekap
250 ml Kookolie
1 Bottel Sojasous
2 Bottels sterk blatjang
1 Pakkie gemengde kruie
1 Groot boksie sterk Kerrie
1 Boksies borrie
500 ml Asyn
250 ml Sout
50 ml Swartpeper
Metode:
Kook die rys in soutwater tot sag en hou warm.
Gebruik ‘n no. 10 driebeenpot.
Verhit die olie in die pot en braai die uie vir tien minute. Voeg die vleis by en braai vir 20 minute. Meng die asyn, sojasous, sout, peper, kerrie, borrie, kruie en blatjang saam en giet in die pot. Kook vir 30 minute. Voeg die wortels, aartasppel en boontjies by en kook vir 1 uur.
Indien jou pot te veel sous maak, gebruik maiziena om die sous te verdik en prut nog tien minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 298 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *