Biefstuk en Eier Ontbyt

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies
Hierdie ontbyt is effe aan die duur kant, maar die komplimente agterna maak dit deur en deur die prys werd.
Jy kan filet, beeslende of kruisskuif gebruik
50 x 150g Rypgemaakte biefstuk
30 ml Sout
15 ml Varsgemaalde Swartpeper
50 Ekstra groot eiers
30 ml Aromat
10 ml Varsgemaalde swartpeper
15 Groot uie in ringe gesny
10 ml Knoffelsout
100 ml Botter
3 kg Sampioene in skyfies gesny
50 Snye brood
1 ½ Liter Sonneblomolie
2 kg Botter
Metode:
Verhit die 50 ml botter in ‘n no. 8B platboompot oor matige kole en braai die uieringe bruin. Voeg die knoffelsout en sampioene by en braai tot sampioene sag is. Hou warm.
Sorg dat jy ‘n lekker warm vuur het. Geur die vleis met die sout en peper. Plaas dit op die rooster en draai na 2 minute om. Braai weer twee minute en draai om. Sprinkel nou die sonneblomolie oor dat hy vlamme maak en braai die biefstuk 3 minute aan ‘n kant in die vlamme.
Rooster intussen die brood oor matige kole oor die vuur en smeer met botter terwyl nog warm.
Verhit 500 g van die botter in ‘n groot braaipan en bak die eiers oor lae hitte.
Plaas ‘n sny brood in elke bord, plaas ‘n biefstuk op en dan ‘n gebakte eier. Skep die uie en sampioenmengsel langsaan op die bord. Dis lekker verby. Lewer 50 porsies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 178 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *