Biltong en Eier Ontbyt (Jan)

Lewer 50 porsies

100 Mooi groot plat skywe bees- of gemsbokbiltong (Nog bietjie natterig)
750 ml Sonneblomolie
50 Ekstra groot eiers
25 Tamaties
2 ½ Liter tamatiesous
10 Groot uie, gekap
500 g Botter
Metode:
Braai die biltong oor matige kole vir 5 minute en hou warm.
Verhit bietjie olie in ‘n 8B platpot oor die kole en smoor die uie en tamatie tot ‘n lekker dik smoor. Voeg die tamatiesous by en prut nog 5 ~ 10 minute.
Verhit 250 g botter in ‘n groot braaipan en bak die eiers daarin.
Bedien met lekker varsgebakte roosterkoek.
Roosterkoek
Lewer 50 Roosterkoeke
4 kg Broodmeel
4 Pakkies kitsgis
3 Liter louwarm water
20 ml Sout
30 ml Sonneblomolie
Metode:
Meng die meel, gis en sout saam. Voeg die water en olie by en meng tot ‘n stywe deeg. Knie die deeg tot lekker elasties en bedek met ‘n tafeldoek. Laat rys vir 1 uur. Knie die deef af en vorm balletjies. Druk die deeg platter en maak ‘n reghoekie blokkies. Plaas die deeg op ‘n groot braairosster en laat eenkant staan en rys vir 20 minute. Plaas die rooster oor matige kole en rooster die broodjies alkant bruin. Klop op die broodjies, as hulle hol klink is hulle gaar. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 278 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *