Durban Kerriehoender

Dankie vir die resep Jan van Niekerk
15 ml Olyfolie
750 g Hoenderborsies, in blokkies gesny
1 Ui, fyn gekap
1 Pakkie KNORR “Mild Durban Curry Dry Cook In Sauce”
400 ml Water
3 Aaartappels, in blokkies gesny
250 ml Gevriesde ertjies
30 ml Pitlose rosyne
½ Koppie koljanderblare
1 Koppie rou rys

Metode: Plaas die rys in ‘n kastrol met water envoeg 5 ml sout by. Kook vir 30 minute en hou warm. Verhit die olie in ‘n swaarboompan op medium hitte. Braai die hoender, ‘, paar stukke op ‘n keer vir 5 minute mooi bruin. Verwyder uit die pan en hou eenkant. Braai die ui sag in dieselfde pan, sowat 5 minute. Plaas die hoenderborsies terug in die pan en voeg die aartappel, die pakkie KNORR en die water by. Verlaag die hitte en prut vir 15 minute. Roer die ertjies en rosyne by en prut nog 5 minute. Voeg die koljanderblare by. Bedien met die rys en lekker tamatie sambal. Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 176 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *