Engelse Ontbyt

Engelse Ontbyt (Jan)
Lewer 50 porsies
8 kg Swoerdlose streepspek
8 kg Varkworsies
50 Eiers
100 Snye brood
25 Medium tamaties
1 kg Marmelade
1 kg Botter
20 ml Aromat
10 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Braai die spek en worsies oor matige kole en hou warm. Verminder sie kole en rooster die brood oor lae hitte. Sny die tamaties in die helfte deur en plaas met die gesnyde kant in ‘n warm braaipan en braai vinnig sodat die tamaties seël en die sous nie uitloop nie. Bak die eiers in ‘n braaipan, geur met die aromat en peper. Sit die roosterbrood voor met die botter en marmelade. Bedien Vyf Rose tee saam met die ete.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,224 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *