Gerookte Engelvis (Jan)

Gerookte Engelvis (Jan)
Lewer 25 porsies
6 Engelvisse
10 ml Visspesery
10 ml Varsgemaalde swartpeper
500 ml Eikehout saagsels
Metode:
Geur die vis met die speserye en peper. Gebruik ‘n no. 25 seeppot of ‘n groot drom, maar die seeppot werk die beste. Gooi die saagsels onderin, plaas ‘n stuk ogiesdraad oor die saagsels. Pak die vis op ‘n groot metal skinkbord en sit dit op die ogiesdraad. Maak die pot toe met ‘n nat streepsak en plaas op die kole. Rook die vis vir 30 minute. Sit die vis voor met lekker kaas en kruie potbrood en fyn ryp vyekonyt.
Kruie en kaaspotbrood (Jan)
Lewer 40 snye
10 ml  Suiker
1 l Louwarm water
15 ml Droë gis of pakkie kitsgis
1 kg Broodmeel
250 ml Volkoringmeel
125 ml Poeiermelk
15 ml Sout
45 ml Kookolie
10 ml Droë gemengde kruie
5 ml Fyngemaalde knoffel of 10 ml Varsgemaalde knoffel
60 ml Gekapte grasui of pietersielie
250 ml Gerasperde chedderkaas
5 ml Paprika
Metode:
Los die suiker in 250ml louwater op en strooi die droë gis bo-oor. Hou eenkant vir 15 minute totdat dit skuim. Nie nodig indien kitsgis gebruik word nie. Plaas die meel, poeiermelk en sout in `n mengbak. Voeg die olie, kruie, knoffel, grasuie of pietersielie en die kaas by. Indien kitsgis gebruik word voeg ook by. Meng goed deur. Indien kitsgis nie gebruik word nie, roer die suurdeeg mengsel by. Indien kitsgis gebruik word voeg net die louwater by om `n sagte slap deeg te maak. Roer goed deur. Voeg nog water by indien nodig. Skep in goed gesmeerde platboompot no.4 en laat 45 minute rys tot die brood in grote verdubbel het op `n warm plek. Strooi nou ‘n bietjie gerasperde kaas en dan die paprika oor en sit die deksel op. Plaas nou die brood op matige kole en sit `n paar kole op die deksel. Bak vir 1 tot 1¼ uur of tot die brood hol klink as daarop geklop word of bak die brood net so in die oond vir 1 uur sonder `n deksel by 180 grade C. Lewer 40 snye brood.Sit brood voor saam met knoffelbotter en ryp vyekonfyt.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 368 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *