Geroosterde Preie

Nog n resep van Jan van Niekerk 

Lewer 25 porsies
2 ½ kg Preie, groen blare verwyder en oorlangs gehalveer
10 Knoffelhuisies, fyn gedruk
120 ml Botter
60 ml Olyfolie
45 ml Suurlemoensap
100 g Parmesaankaas
200 ml droë broodkrummels
Metode:
Pak die preie in ‘n enkellaag in ‘n groot oondpan. Plaas die knoffel, botter, olie en suurlemoensap in ‘n kastrolletjie en verhit dit effens. Giet die mengsel oor die preie. Bedek die pan met foelie en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 25 minute. Sprinkel die parmesaankaas en broodkrummels oor, verhoog die hitte na 200°C en bak nog 10 minute. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 192 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *