Geurige Stokvis Bobotie

Geurige Stokvis Bobotie van Jan van Niekerk
30 ml Margerien
1 Ui, fyn gekap
800 g Stokvis filette, ontbeen en in porsies gesny
1 Pakkie KNORR “Authentic Chicken Curry Dry Cook in Sauce”
15 ml Suurlemoensap
30 ml Appelkooskonfyt
5 ml Droë pietersielie
2 Snye wit brood
375 ml Melk
2 Eiers
3 Lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die margerien in ‘n swaarboompan en soteer die uie tot sag. Voeg die vis by en prut vir 5minute. Roer die inhoud van die KNORR pakkie by en prut nog 5 minute. Voeg die suurlemoensap, konfyt en pietersielie by en roer goed deur. Druk die oortolllige melk uit die brood en meng diebrood by die bestanddele in die pan.  Skep alles in ‘n terbak en bak vir 20 minute tot ‘n ligte kors gevorm het.
Klits die eiers en meng met die oorblywende melk. Giet dit oor die gebak en druk die lourierblare in die gereg. Bak vir 15 minute en haal uit die oond. Bedien met ‘n lekker vars slaai. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 289 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *