Kaiingbrood

Dankie vir die resep Jan
Lewer 1 groot brood 0f 48 snye
50 ml Heuning
2 l Louwarm water
2 Pakkies kitsgis
2 ½  kg Broodmeel
20 ml Sout
15 ml Sagte varkvet
500 g Kaiings
5 ml Growwe sout
Om Kaiings te maak
2 kg Varkspek met sooltjie aan
10 ml Sout
Metode:
Sny die vet met sooltjie aan in blokkies. Geur met die sout en maal dit met ‘n growwe meul en plaas in kastrol. Verhit die stoof net medium en braai die vet stadig uit. Skep die harde stukkies wat dryf (kaiings) uit en hou eenkant. Jy kan die uitgebraaide vet hou vir latere gebruik. Jy kan die kaiings weer met ‘n fyner meule maal of net so grof in jou brood gebruik as jy daarmee wil bak. As jy ‘n smeer van die kaiings wil maak, maal dit weer met ‘n fyner meul. Smeer op lekker vars brood en strooi bietjie swartpeper oor. Dis heerlik.
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Los die heuning in die lou water op. Meng die meel, gis sout en kaiings saam. Voeg die heuningwater by en knie vir 20 minute tot lekker elasties. Gebruik die vet om die brood mee te knie. Moenie olie insit nie. Smeer ‘n no. 6 platboompot of 2 ½ broodpanne met vet. Plaas die deeg in die pot of panne, strooi die growwe sout liggies oor die brood en bak vir 1 uur.  Lewer 48 snye brood.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 461 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *