Kapokaartappels en Prei Rosette

Nog ‘n wenner van Jan van Niekerk
Lewer 12 porsies
8 Preie in ringe gesny
10 ml Botter
10 Groot aartappels
25 ml Botter
100 ml Melk
2 ml Neurmuskaat
2  Eiers, geklits
5 ml Sout
3 ml Witpeper
200 ml Gerasperde Cheddarkaas
Metode:
Verhit die botter in ‘n swaarboompan en soteer die preie tot sag en deurskynend. Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook die aartappels in soutwater vir 20 minute. Druk die aartappels fyn, voeg die botter, melk en neut by en druk goed fyn. Voeg die eier, sout, peper en kaas by en meng deeglik. Skep die aartappel in ‘n versierbuis en spuit rosette op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak die aartappelrosette in voorverhitte oond by 200°C tot die aartappels verkleur na ligbruin. Verwyder versigtig van die bakplaat want dit breek maklik. Lewer 12 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 298 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *