Komkommer Piekels

Baie Dankie vir jou resep Sarie du Randt

4 groot engelsekomkommers
4 groot uie
4 e sout
4 koppies wit asyn
1 koppie suiker
1,5 teelepels fennelsade
1,5 t swart mosterdkorrels
Sny komkommers en uie in dun skywe, sprinkel ‘n laag sout oor
laat staan vir 1 uur. Plaas in n vergietes en spoel deeglik af
Dreineer op papierhandoeke.
Plaas asyn,suiker, fennel en mosterd sade in ‘n vleklose staal kastrol en verhit stadig, roer aanhoudend tot suikeropgelos is.
Bring tot kookpunt en kook vir 4 minute.
Pak in gesterilidiseerde botttels en bedek met warm asyn mengsel.
Bere in ‘n donker plek. Piekels moet twee maande staan voor gebruik.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,019 times, 7 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *