Pattie en Roosterkoek

Pattie en Roosterkoek (Jan)

Lewer 50 Roosterkoekburgers
20 kg Goeie maalvleis
4 Uie grof gerasper
250 ml Pietersielie, fyn gekap
250 ml Worcestersous
4 Eiers
250 ml Broodkrummels
5 ml Naeltjies
10 ml Koljander
20 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
Roosterkoek
Lewer 50 Roosterkoeke
4 kg Broodmeel
4 Pakkies kitsgis
3 Liter louwarm water
20 ml Sout
30 ml Sonneblomolie
Metode:
Klits die eiers goed en meng dan al die bestanddele deeglik saam. Rol die vleis in balletjies en druk dan effe plat en vorm dan reghoekig om op die roosterkoek te pas. Dan is die helfte van jou brood nie sonder vleis nie. Braai die patties oor matige kole vir 4 minute aan ‘n kant.
Meng die meel, gis en sout saam. Voeg die water en olie by en meng tot ‘n stywe deeg. Knie die deeg tot lekker elasties en bedek met ‘n tafeldoek. Laat rys vir 1 uur. Knie die deeg af en vorm balletjies. Druk die deeg platter en maak reghoekige blokkies so groot soos jou hand se binnekant. Plaas die deeg op ‘n groot braairooster en laat eenkant staan en rys vir 20 minute. Plaas die rooster oor matige kole en rooster die broodjies alkant bruin. Klop op die broodjies, as hulle hol klink is hulle gaar. Laat effe afkoel. Sny die broodjies oop en smeer met botter. Plaas ‘n pattie op elke roosterkoek en skep ‘n sousie oor. BBQ sous is lekker hiermee of maak ‘n lekker braaivleissoous. Lewer 50 porsies. Die gereg kan jy vir ontbyt voorsit, of as ligte middag of aandete.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 248 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *