Seekospot (Jan)

Seekospot (Jan)
Lewer 50 porsies
50 Perlemoene, gemaal
50 Kreefsterte, uitgedop
5 kg Calamari ringe
4 Pakkies Griekse slaai- speserysous
2 kg Seekosrys
500 ml Visaftreksel
30 ml Seekosgeursel
20 ml Varsgemaade swartpeper
Metode:
Ontskulp die perlemoen, sny die derma f en slaan met ‘n plank tot die spiere ontspan het. Sny die perlemoen in stukke en maal fyn. Sny die kreefstertein porsies. Sny die calamari in ringe as jy vars calamari gebruik.
Maak die slaaisous aan volgens aanduidings op die pakkie.
Kook die rys volgens die aanduidings op die pak.
Gebruik ‘n no. 20 driebeenpot en gooi die die perlemoen, kreefsterte en calamari in die popt. Voeg die gekookte rys by en roer deur. Maak die sous aan volgens die instruksies op die pakkies en voeg by die res. Plaas die pot se deksel op en prut oor marige kole vir 25 minute.
Pasop vir te veel hitte want die perlemoen brand baie maklik aan. (Jan)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 379 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *