Skaapvleiskerriepot

Skaapvleiskerriepot (Jan)
Jan het hierdie pot met groot sukses al by hulle kerk gemaak

Lewer 150 porsies
8 kg Rys
30 kg Skaapvleisblokkies, sonder of met been (soos verkies)
2 x 10 kg Sakke artappels in blokkies gesny
12 Bossies wortels, geskraap en skywe gesny
12 kg Gekerfde groenbone
15 Groot uie, gekap
750 ml Kookolie
2 Bottels Sojasous
4 Bottels sterk blatjang
2 Pakkies gemengde kruie
2 Groot pakkies sterk Kerrie
2 Pakkies borrie
500 g Bruinsuiker
750 ml Asyn
500 ml Sout
2 Pakkies Swartpeper
Metode:
Kook die rys in soutwater tot sag en hou warm.
Gebruik ‘n no. 20 driebeenpot.
Verhit die olie in die pot en braai die uie vir vyftien minute. Voeg die vleis by en braai vir 30 minute. Meng die asyn, sojasous, sout, peper, kerrie, borrie, kruie en blatjang saam en giet in die pot. Kook vir 45 minute. Voeg die wortels, aartasppel en boontjies by en kook vir 45 minute.  
Indien jou pot te veel sous maak, gebruik 1 pakkie maiziena om die sous te verdik en prut nog tien minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 227 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *