Snoek en Patats

Snoek en Patats (Jan)
Lewer 50 porsies
8 Groot gevlekte snoeke in porsies gesny
15 Suurlemoene in wiggies gesny
500 ml Varsgekapte pietersielie
500 g Botter
30 ml Visspesery
50 ml Suurlemoensap
20 ml Varsgemaalde swartpeper
50 Borriepatats
20 ml Sout
Metode:
Verhit die botter in ‘n swartpotjie en voeg die spesery, suurlemoensap en swartpeper by. Plaas die snoek in groot toeknyp roosters wat met ui gesmeer is. Verf die vleiskant met die bottermengsel en plaas op die rooster met die vleiskant na onder. Braai net 5 minute tot die vleiskant bruin is. Draai die rooster om en krap van die kole uit. Braai die snoek oor lae hitte vir 40 minute terwyl kort-kort van die bottermengsel oorgesmeer word. Bedien met patats en knoffelpotbrood.
Plaas die patats in ‘n no. 10 driebeenpot, voeg genoeg water by om die patats te bedek en die sout.
Kook die patats vir 40 minute.
Kruie en kaaspotbrood (Jan)
Lewer 48 snye
10 ml  Suiker
1 l Louwarm water
15 ml Droë gis of pakkie kitsgis
1 ½  kg Broodmeel
250 ml Volkoringmeel
125 ml Poeiermelk
15 ml Sout
45 ml Kookolie
10 ml Droë gemengde kruie
5 ml Fyngemaalde knoffel of 10 ml Varsgemaalde knoffel
60 ml Gekapte grasui of pietersielie
250 ml Gerasperde chedderkaas
5 ml Paprika
Metode:
Los die suiker in 250ml louwater op en strooi die droë gis bo-oor. Hou eenkant vir 15 minute totdat dit skuim. Nie nodig indien kitsgis gebruik word nie. Plaas die meel, poeiermelk en sout in `n mengbak. Voeg die olie, kruie, knoffel, grasuie of pietersielie en die kaas by. Indien kitsgis gebruik word voeg ook by. Meng goed deur. Indien kitsgis nie gebruik word nie, roer die suurdeeg mengsel by. Indien kitsgis gebruik word voeg net die louwater by om `n sagte slap deeg te maak. Roer goed deur. Voeg nog water by indien nodig. Skep in goed gesmeerde platboompot no.6 en laat 45 minute rys tot die brood in grote verdubbel het op `n warm plek. Strooi nou ‘n bietjie gerasperde kaas en dan die paprika oor en sit die deksel op. Plaas nou die brood op matige kole en sit `n paar kole op die deksel. Bak vir 1 tot 1¼ uur of tot die brood hol klink as daarop geklop word of bak die brood net so in die oond vir 1 uur sonder `n deksel by 180 grade C. Lewer 40 snye brood. Bak drie van die brode vir 100 gaste.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 908 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *