Spaghetti Bolognaise lal Jan van Niekerk
Lewer 10 porsies
1,2 kg Maalvleis
30 ml Sonneblomolie
2 Uie, gekap
30 ml Varsgemaalde knoffel
2 Groot wortels, grof gerasper
10 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
40 ml Gemengde kruie
410 ml Tamatiepuree
40 ml Worcestershiresous
20 ml Bruinsuiker
500 ml Vleisaftreksel
30 ml Koekmeelblom
500 g Spaghetti
3 Liter water
20 ml Sonneblomolie
10 ml Sout
Metode:
Braai die maalvleis in verhitte olie in ‘n swaarboomkastrol tot dit verbruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot die uie sag is. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meelblom by . Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 45 minute. Verdik sous met pasta van meelblom en water. Dien op saam met spaghetti.
Bring die water tot kookpunt, voeg die sout, olie en spaghetti by en kook vir 15 minute.
Lewer 10 porsies.
(Visited 647 times, 1 visits today)
Advertisements