Volstruis Ontbyt

Jan
Lewer 50 porsies
15 kg Volstruisvleis in blokkies gesny
4 kg Ontbeende varkrib, in blokkies gesny
100 ml Sonneblomolie
2 Liter warm vleisaftreksel
100 Klein aartappeltjies, geskil
50 Klein uitjies, geskil
20 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
750 ml Sojasous
4 Vars Volstruiseiers
2 Koppies fyn biltong
250 g Botter
Metode:
Verhit die olie in ‘n no.10 driebeenpot en braai die vleis bruin. Voeg die aftreksel, sout, peper en sojasous by en prut vir 1 uur. Voeg die uitjies en aartappeltjies by en prut nog 40 minute. Bedien saam met volstruisroereier, fyn biltong en potbrood.
Volstruisroereier:
Lewer 50 porsies
Maak twee gaatjies in die eiers en blaas hulle uit in ‘n groot bak. Voeg ‘n koppie water by en klits goed. Smelt die botter in ‘n no. 8B platboompot en voeg die eier by. Maak oor lae hitte die roereier gaar.. Wanneer die eier verdik het, word dit in die borde geskep saam met die vleisblokkies en die fyn biltong oor die eiers gestrooi.
Potbrood
Bak 2 groot potbrode in no. 6 platboompotte. Resep is vir 1 brood wat 48 snye lewer.
Jy kan meer snye uit die brood kry, wat nie so groot is nie, deur die korsie aan vier kante af te sny sodat die brood vierkantig is. Sny in drie lang brode en dan in snye.  Ongeveer 56 snye plus 4 korsies.
2 ½ kg Witbroodmeel
2 Liter louwater
20 ml Suurlemoensap
10 ml Sout
50 g Botter
50 ml Suiker
2 Pakkies kitsgis
Metode:
Los die suiker en sout in die louwater op en voeg die suurlemoensap by. Meng die droë bestanddele en voeg die water by. Knie die deeg tot elasties. Knie die botter in. Plaas die deeg in ‘n no. 6 pot en plaas op warm plek om te rys vir 40 minute. Bak op matige kole met ‘n paar kole op die deksel vir 60 minute. Klop op die brood, as dit hol klink is die brood gaar. Lewer 48 snye brood. Bedien die brood met knoffelbotter. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 290 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *