Wegneem Kebab en Eier ontbyt (Jan)

Wegneem Kebab en Eier ontbyt (Jan)
Lewer 100 porsies
30 kg Hoendervleis in klein blokkies gesny
200 Sosatiestokkies in water laat lê vir 20 minute
60 ml Sout
30 ml Varsgemaalde swartpeper
1 kg Droë appelkose
125 ml Kerrie
1 Liter sojasous
30 ml Fyn koljander
1 Groot bottel Worcestersous
2 x 750 Bottels perskeblatjang
12 Groot uie, fyn gekap
200 Eiers
100 Broodrollietjies
100 Boksies Liquifruid
100 Klein sakkies sout
100 Klein sakkies peper
Metode:
Geur die hoerblokkies met sout en peper. Ryg die hoender en appelkose om die beurt op die stokkies. Meng die res van die bestanddele om ‘n marinade te maak. Plaas die kebabs in ‘n groot vleisbak en giet die marinade oor. Meng deur met die marinade en marineer vir 6 ure. Braai oor lae hitte tot gaar, pasop vir swartbrand.
Verhit water in twee groot kastrolle tot kookpunt. Plaas 25 eiers op ‘n keer in ‘n draadmandjie en laat sak in die kookwater. Kook vir 10 minute en haal uit. Herhaal tot al die eiers gekook is.
Sny die broodrolletjies middeldeur en smeer met botter/Margerien.
Laat alles afkoel en verpak. 2 Kebabs en 2 eiers per persoon, met sy broodjie en sappie asook sout en peper by. Lewer 100 wegneem pakkies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 186 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *