A La Anytime MUG POEDING

4 eetlepels meel
3 eetlepels suiker
Knippie sout
1/8 teelepel bakpoeier
2 eetlepels kakaopoeier
1 eetlepel gesmelte botter
1-2 eetlepels olie
1 eetlepel Water
1/4 teelepel vanielje
Jy kan bo-op In paar sjokolade chips of neute of gebreekte stukkies
sjokolade sit om af te eindig.

Smelt jou botter in In mikrogolf veilig bak of beker (ongeveer 12 sekondes). Voeg die olie by jou gesmelte botter en meng goed Voeg in jou vanielje en water, roer goed.
In In aparte bak of beker, kombineer al die droe bestanddele. Druk dit in jou ramekins of in jou beker
Ek het ook In paar sjokolade chips/of stukkies sjokolade bo-op gesit
Ek het begin met 45 sekondes in die mikrogolf maar geeindig teen sowat een minuut en tien sekondes toe is dit gaar.. Dit is 70 sekondes mense – tot warm, sag, lekker, donker, soet sjokolade goedheid. Sewentig sekondes! Dit is soos magic!
Bedien met room of vanilje roomys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *