Aartappelslaai Duitse weergawe

Baie dankie vir jou resepte Jan en jou gereelde bydrae

20 Baba Aartappeltjies
250 g “Diced”  Spek
20 ml Olyfolie
1 Groot ui fyn gekerf
1 Koppie Cross & Blackwell Mayo
3 Eetlepels Kondensmelk
1 Teelepel Engelse mosterd
2 Eetlepels Mosterdsous
1 Wiel feta kaas gekrummel

Metode:
Kook aartappels in soutwater tot net sag.  Spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in skywe en plaas in ‘n mengbak. Braai die ui in die olyfolie tot sag. Voeg die spekblokkies by en braai saam tot gaar en goudbruin. Voeg dit by die aartappels en roer deur. Meng die Mayonaise, Kondensmelk, mosterd, mosterdsous en fetakaasblokkies saam en roer dit by die aartappelmengsel in. Skep die slaai in ‘n houer met ‘n deksel en plaas oornag in die yskas. Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder smaak dit. Lewer 4 tot 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 671 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *