Een-Skottel Hoender-Noedelgereg

1 Hoender (Stukke Gesny)
2 Blokkies Hoenderekstrak
1 – 1½ Kop Noedels
100 Ml Mayonnaise
1 Groot Pak Droe Aartappelskyfies (Enige Geur) (Fyngemaak)
400 Ml Witsous
50 Ml Gekapte Pietersielie
2 Eiers Geklits
Was Hoender, Plaas In Kastrol. Voeg Ekstrak En Bietjie Kookwater By En
Kook Tot Vleis Van Bene Loskom. Ontbeen Hoender En Maak Vleis Fyn.
Kook Noedels Tot Sag In Soutwater En Dreineer.
Meng Hoender, Noedels, Mayonnaise En Helfte Van Skyfies En Skep In
Vuurvaste Skottel.
Meng Witsous Met Pietersielie En Eiers En Gooi Bo-Oor. Strooi Res Van
Skyfies Oor Sous.
Bak 20 – 25 Minute By 190°c Of Tot Sous Begin Verkleur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 240 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *