Karamel kaaskoek

Baie dankie vir die resep Okkie

Bestanddele
Kors
500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel
220 gram botter gesmelt

Vulsel
2 houers roomkaas
1 blik kondensmelk & 1 blik karamel kondensmelk
4 eiers
30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
125 ml suurlemoen of lemmetjiesap

Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ʼn 22 Cm veerklamp se boom en kant

Metode
Kors
Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik
Druk ʼn derde van die mengsel op die boom van pan en die res teen die kant
van die pan vas

Vulsel
Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk  suurlemoen en eiers by en
laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors
Bak ongeveer 20 tot 25 minute.
Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,379 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *