Skaapbredie

Frik, ek sê eerder niks oor die eerste bestanddeel nie. Netnou kry ek traktaatjies van die AA (Okiie moet nie bekommerd wees nie ek sal hulle die verkeerde adres gee.)

Bestanddele
1 blikkie bier (340ml)
250 gram sampioene (gehalveer)
65 gram tamatie pasta (klein blikkie)
6 wortels in dik ringe gesny
60 gram bruin uiesop poeier (1 pakkie)
2 kilogram stowe skaapvleis in blokkies gesny
3 gekapte uie
1 teelepel gekapte vars knoffel
1 beesaftreksel blokkie
Half koppie kookwater
2 lourierblare
6 aartappels in blokke gesny
2 teelepels Maziena
75 ml water
2 seldery stingels (gekap)
Metode
Verhit olie en braai vleisblokkies  bietjies bietjies en skep in prutpot. Voeg nog olie in pan as nodig en roerbraai uie seldery en knoffel tot sag.Skep in prutpot. Meng tamatiepasta, beesvleis aftreksel, kookwater en bier tot glad en gooi in prut pot. Voeg loerierblare by.Prut vir vyf uur op hoë hitte prut. Voeg aartapels en en wortel by en kook vir nog een en n half uur. Voeg sampioene by. Meng mielieblom, soppoeier en water tot pasta en roer by. Plaas deksel terug en laat nog halfuur net prut. Verwyder lorierblaai en sit voor oor stampkoring,  rys of vars sny potbrood.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,560 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *